Campus Life

kleinsêr-kompetisie kom tot ‘n einde

Anika Marais, Die Burger, 23 Augustus

Huis Francie van Zijl en Dagbreek is as die beste sêrgroepe op Stellenbosch aangewys.

Die eindronde van die US se kleinsêr-kompetisie is Saterdagaand in Kaapstad gehou.

Die wenners gaan 30 Augustus by die Universiteit van Johannesburg aan die ATKV-Universiteitesêr 2014 se nasionale eindronde deelneem.

Huis Francie van Zijl, Heemstede, Metanoia Dames en Venustia het in die vroueafdeling deelgeneem.

Eendrag, Pieke, Helshoogte en Dagbreek was die mansgroepe wat in die US se kleinsêr-eindronde deelgeneem het.

Kleinser Huis Francie van Zijl

Kleinser Dagbreek