Campus Life

MATIES DOEN VEILIGHEIDSOUDIT OP KAMPUS

Jouber straat verkragting

 

Die Universiteit Stellenbosch (US) gaan ’n veiligheidsoudit op al sy studentehuise op kampus doen.

Dit volg ná ’n vrouestudent onlangs in ’n studentehuis in Joubertweg beroof en verkrag is.

Die slagoffer en haar huismaats het intussen versoek om elders gehuisves te word.

Luidens ’n verklaring sal die universiteit die week met ’n oudit van al sy studentehuise begin om “kwesbare areas” te identifiseer.

Die US sal dan by hierdie plekke bykomende veiligheidsmaatsreëls aanbring.

“Ná die voorval verlede naweek het dit aan die lig gekom dat misdadigers hulle tot nuwe taktiek wend soos wat veiligheidsmaatreëls op kampus opgeskerp word,” lui die verklaring.

Die US het kort ná die voorval aangekondig dat geen eksamens en toetse in 2015 saans afgelê gaan word nie.

Die US het ook in sy verklaring gesê bewerings wat op sosiale media gemaak is dat “onbevoegdheid en korrupsie” aanleiding gegee het tot “oneffektiewe veiligheidsmaatreëls”is rede tot kommer en moet ondersoek word.

Klagte kan anoniem gelê word by [email protected], www.tip-offs.com, deur 0800 204 549 te bel of ’n faks na 0800 007 788 te

stuur.

 

Deur Samantha van den Berg